Bloemfontein Childrens Choir

...where singing is pure joy

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

EMail Print

Concert Programme

Event 

Title:
Voorgereg+Klippe en Klanke uit die Karoo
When:
03.09.2010 - 03.09.2010
Where:
Sand du Plessis Theatre - Bloemfontein
Category:
Concerts

Description

Die Bloemfontein Kinderkoor bied op 3 September om 19:00 hul jaarkonsert in die Sand du Plessisteater aan. Die program bestaan uit twee dele. Die Voorgereg bevat  onder meer werke van Liszt, Schubert, en die beroemde Russiese komponis Rachmaninoff. Dit word aangevul deur werke van Chris de Burgh, Michael Jackson, en die immermooie Gabriella’s Song uit die rolprent  ‘As it is in Heaven’.  Heal the World van Michael Jackson is onlangs deur die Kinderkoor saam met André Rieu op sy toer deur Suid-Afrika, asook in Maastricht, gesing. Nog ‘n besonderse werk wat uitgevoer gaan word, is Aglepta deur Arne Mellnäs. Dit is die heel eerste kontemporêre komposisie vir kinderkoor wat ooit geskryf is en is vir die eerste keer voorgedra deur die wêreldberoemde Tapiola Kinderkoor van Finland.  

Die tweede deel van die program is die produksie Klippe en Klanke uit die Karoo en bestaan uit geïntegreerde vertellings, gedigte en musiek soos gekomponeer en verwerk deur Chris Lamprecht. Die rieldans laat die Karoo-karakter herleef en word verwoord deur Antoinette Pienaar se gedig, Die Riel. Die bekende Chris van Niekerk is die verteller en neem die gehoor volledig met hom mee wanneer hy bekende Afrikaanse gedigte soos Die Beiteltjie van N.P. Van Wyk Louw, Soekmekaar by Krymekaar van Boerneef en Die dans van die Reën van Eugené Marais op meesterlike wyse vertolk. Dit word op unieke wyse gekombineer met energieke, ongekunstelde dansvernuf en musiekvertolkings deur die koor. Die aanbieding word afgesluit met ‘n vertelling deur Van Niekerk wat die luisteraar laat skaterlag en tegelyk ‘n traan laat wegsluk. ‘n Moet-sien, moet-hoor, moet-beleef konsert vir elke Bloemfonteiner!

Die konsert begin om 19:00 en kaartjies is teen R80  by Pacofs (tel 447 7772) beskikbaar.

Venue

Venue:
Sand du Plessis Theatre
Street:
Markgraaff St
ZIP:
9301
City:
Bloemfontein
State:
Free State
Country:
Country: za

Description

Sorry, no description available

25 Year Celebration Reunion Concert

September
Friday
07

We are celebrating our 25th birthday this year! Come join in our celebration concert and take a trip down memory lane with us. Guests artists include: Nataniël Charl du Plessis Nico de Villiers and many more Musical direction will be by Dr. Charl du Plessis from UP and choreography will be done by Willie Venter. If you are a previous choir member, please contact us to get more details about rehearsals etc.